Toelatings
Die verskaffing van kwaliteit onderrig binne 'n liefdevolle omgewing
Graad 1 aansoeke vir 2025
Lees asseblief die FAQ-afdeling op die webtuiste, want dit verduidelik die hele proses en kan van u vrae beantwoord.
Graad 2-7
Aansoeke vir 2025
AANSOEKE
Aansoeke maak oop op 11 Julie 2023 om 8:00
Die 2025 aansoekvorm (Leerderinformasievorm) sal beskikbaar wees om af te laai vanaf 11 Julie 2024 om 8:00.
Indien u wil aansoek doen, voltooi die vorm en handig dit in by die skool, tesame met alle GESERTIFISEERDE ondersteunende dokumente soos volg:
- Geboortesertifikaat van leerder
- ID dokumente van beide ouers
- Bewys van immunisering
- Bewys van huisadres
Nutsrekening in ouer se naam of
Huurkontrak in ouer se naam. Die huurkontrak moet geteken wees deur beide die huurder en verhuurder en moet geldig wees gedurende die tyd wat aansoek gedoen word.
Die huurkontrak moet ingehandig word tesame met die volgende:
- Huurstaat van huurder (nie ouer as 3 maande nie)
- Nutsrekening van die eienaar vir die eiendom wat gehuur word (nie ouer as 3 maande nie)
- ID dokument van die eienaar van die eiendom wat gehuur word
*** ‘n Beedigde verklaring/brief is nie ‘n bewys van huisadres nie en sal NIE aanvaar word as bewys van huisadres volgens GDO toelatings regulasies nie***
- Bewys van werksadres: Briefhoof van maatskappy wat die ouer se naam, van ID-nommer en werksadres aandui.
- Mees onlangse rapport van leerder
U aansoek/e sal op die 2025 waglys geplaas word.
Neem asseblief kennis dat plasings vanaf die waglys onderhewig is AAN BESKIKBAARHEID in die spesifieke graad by jaareinde.
Waglyste word nie jaarliks