Bryanston Parallel Medium

Grade 4-7

ASSESSERING EN VERSLAGGEWING:

Assessering en verslaggewing geskied volgens ‘n 7-kode skaal.

Gedurende die loop van die kurrikulum vind daar deurlopende assessering plaas wat verseker dat opvoeding en onderrig van ‘n hoë kwaliteit is. Hierdeur word die leerders, ouers en opvoeders op ‘n deurlopende basis op hoogte gehou van ‘n leerder se vordering.

Verslae word aan die einde van elke kwartaal uitgereik. Na ontvangs van die kwartaallikse verslae het ouers die geleentheid om die leerder se verslag te bespreek.

Daar word ‘n hoë premie op akademiese werk geplaas. Daar word deur middel van differensiasie na elke leerder se behoeftes omgesien. Individuele hulp word sover moontlik verleen. ‘n Multidissiplinêre benadering word gevolg, deurdat professional didaktiese hulp en terapeute gebruik word as ondersteuning vir akademiese probleme wat leerders mag ondervind.

Selfstandigheid begin deur weg te stap…. En liefde word bewys deur dit toe te laat…  – C Day Lewis

INTERMEDIêr : Graad 4-6 leerders

Ontvang volgens die Kurrikulum Assesseringsbeleid Verklaring (KABV) onderrig in 6 vakke

icon

Afrikaans

Huistaal

icon

Engels

Eerste Addisionele Taal

icon

Wiskunde

icon

Natuurwetenskappe en Tegnologie

icon

Sosiale Wetenskappe

Geskiedenis en Aardrykskunde

icon

Lewensvaardigheid

Liggaamlike Opvoeding, Persoonlike en Sosiale Welsyn en Skeppende Kunste

SENIOR FASE: Graad 7

Graad 7 leerders ontvang volgens die Kurrikulum Assesseringsbeleid Verklaring (KABV) onderrig in 9 vakke

icon

Afrikaans

Huistaal

icon

Engels

Eerste Addisionele Taal

icon

Wiskunde

icon

Natuurwetenskappe

icon

Tegnologie

icon

EBW

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

icon

Sosiale Wetenskappe

Geskiedenis en Aardrykskunde

icon

Lewensvaardighede

Liggaamlike Opvoeding; Persoonlike en Sosiale Welsyn

icon

Kuns en Kultuur

Sertifikate en balkies

PRYSUITDELING

Sertifikate word toegeken in twee seksies

A. Silver Sertifikaat

Om te kwalifiseer vir ‘n silwer sertifikaat moet die leerder ‘n gemiddeld van 80% of hoër in ‘n spesifieke leerarea bereik. Graad 4-6 het ses leerareas en Graad 7 het nege leerareas.

B. Akademiese balkies en goue sertifikate: leerders ontvang ook boekpryse

Om te kwalifiseer vir ‘n akademiese balkie  moet die leerder ‘n gemiddeld van 85% of hoër vir die jaar bereik.