Bryanston Parallel Medium

Our Ons

Visie & Missie

'n Lewendige onderrig- en leeromgewing

Ons het talle boeiende inisiatiewe wat ons gretig is om te inisieer. Ons primêre doelwit is om ‘n aangename leeratmosfeer vir alle studente te vestig. In plaas daarvan om fisiese monumente te hê, is ons skool trots op die vreugdevolle studente wat tans hier studeer en die bekwame oudleerlinge uit die verlede.

Ons verwelkom u hartlik om ons webwerf te verken en dieper te delf in die begrip van ons skool. Deur dit te doen, sal jy insig kry in ons leuse: ESPRIT DE CORPS.

Skooldrag is beskikbaar by

Uniform Requirements

  • Skoolkleure:

    Koningsblou, grys wit en rooi

  • Kleurbaadjies:

    Kongingsblou Tetrex

  • Skoolwapen:

    Verpligtend op linkerborssak van kleurbaadjie.

  • Dik baadjie met rits:

    Koningsblou dik baadjie met ‘n rits en skoolwapen.

Somer Uniform

  • Dogtersdrag:

    Wit- en donkerblou geruite skoolrok met wit kapmoue en wit kraag, geplooide bo-lyfie, effens geplooi in die middel met ‘n gordel, A-lynromp. Wit kort- omvou sokkies met swart skoolskoene.

  • Seunsdrag:

    Ligblou kortmou skoolhemp met die skoolwapen op, en grys skool kortbroek. Lang, grys Bryanston Parallel Medium kouse met ‘n rooi, wit en blou strepie (winter en somer) en swart skoolskoene

Winter Uniform

  • Dogtersdrag:

    Navy blou ‘pinafore’ OF ‘n navy blou langbroek met ligblou skoolhemp, rooi das en blou sykouse of grys seunskouse, swart skoolskoene, skooltrui en kleurbaadjie of dik baadjie met rits.

  • Seunsdrag:

    Grys langbroek met ligblou langmou skoolhemp met rooi das, grys skoolkouse, swart skoolskoene, skooltrui en kleurbaadjie of dik baadjie.

General rules

  • Skoene:

    SWART skoolskoene is verpligtend vir seuns en dogters

  • Juwele:

    Geen juwele, behalwe horlosies mag gedra word nie (geen ‘smart watches’). ‘Studs’ mag in die ore gedra word (ringetjies kan uitskeur en die kind beseer). SLEGS dogters mag ‘studs’ dra en slegs een stud per oor.

  • Dogters hare:

    Haarlinte en rekballetjies - rooi/wit/blou. Hare mag nie in die oë hang nie en lang hare moet vasgemaak word. Hare mag nie gekleur word nie en geen strepies in die hare is toelaatbaar nie.

  • Seuns Hare:

    Kort, netjies en skoon. Hare mag nie gekleur word nie. GEEN haargel mag gebruik word nie. Geen ‘spikey’ haarstyle nie. Sien seuns harebeleid prent.

GEEN ONNATUURLIKE HAARSTYLE NIE: ‘MOWHAWK’, ‘PUNK’, GEVLEG ENS. DIT KOM NEER DAT DIE HARE KORT EN NETJIES VERSORG MOET WEES

Our School Song

Ons leer saam ‘n toekoms bou,
by Bryanston Parallel Medium.
Dis ons tweede huis, ‘n plek van groei.
Geplant. Gewater. Gesnoei.
Solank ons saamstaan: hand-aan-hand
Knieë gebuig: ‘Heer seën ons land!”
Eenheid met diversiteit,
ons heg waarde aan waarheid.
Ons reënboognasie- ons inspirasie
Hier wil ons bly:

ESPRIT DE CORPS!

We’re guided to a brighter future,
at Bryanston Parallel Medium.
It’s our second home, where there’s room to bloom.
Planted. Watered. Pruned.
We’re standing together hand in hand
on our knees: Lord, bless our land!
Here we welcome diversity,
and we value unity.
Our rainbow-nation, our inspiration
we’ll stay the course:

ESPRIT DE CORPS!

Our School Song
BPMS

1. SKOOLTYE

Graad 1 en 2 Leerders: Maandag tot Vrydag 07h30 – 13h00
Graad 3-7 Leerders: Maandag tot Vrydag 07h30 – 13h40

2. Algemene Beginsel

Verkorte weergawe van die gedragsbeleid vir leerders en ouers

Daar word van leerders verwag om ten alle tye beleefd en bedagsaam teenoor mekaar te wees, asook teenoor alle personeel en besoekers aan die skool. Daar word van leerlinge verwag om ten alle tye die skoolreëls te volg in verband met voorkoms en gedrag wanneer leerlinge die skool verteenwoordig gedurende skoolure, asook na skool en wanneer hulle weg van die skool af is.

Leerders mag niks doen of sê wat hulself of die skool sal diskrediteer nie. Geen leerder het die reg om gedrag te toon wat die opvoedkunde in die klas sal ontwrig nie. Leerders mag ook geen skade rig aan ander leerders, hetsy fisies of emosioneel nie.

Die skool sal die ouers/voogde kontak wanneer ‘n leerder se gedrag ‘n rede tot kommer word en sal dan poog om die probleem op ‘n konstruktiewe manier op te los.

3. Skool- en klasbywoning

Ouers/voogde, leerders, onderwysers en BL lede is gesamentlik verantwoordelik om toe te sien dat alle leerders skool bywoon.

Alle leerders moet teen 07h25 by die skool wees. Leerders wat laat is vir skool sal afwesig gemerk word wanneer die registers voltooi word aan die begin van die dag. Skool begin om 07h30. Ouers word versoek om hul kind te kom inteken in die kantoor wanneer hulle laat is. Afwesigheid van ‘n klas sonder toestemming vanaf die betrokke onderwyser of vakonderwyser is verbode.

Enige afwesigheid van skool moet deur ‘n nota of epos bevestig word deur die ouer/voog. Enige afwesigheid van ‘n formele eksamen, toets of taak moet deur ‘n brief bevestig word om te getuig waar die leerder was gedurende die tydperk.

Geen leerder mag die skool verlaat gedurende skoolure sonder ‘n brief van die ouer/voog wat toestemming vra vir die verlos van hul kind, en ook nie sonder die toestemming van die Hoof/Onderhoof nie. Leerders wat na skool moet wag vir vervoer moet in die toegekende area wag. Sulke leerders mag nie die perseel verlaat sonder toestemming nie. Stokkiesdraaiery is streng VERBODE. Alle leerders moet saalopening bywoon en bly vir die totale duur daarvan.

4. Skooluniform & Algemene voorkoms

Daar word van die leerders verwag om die amptelike skooldrag te dra. Skooldrag moet ten alle tye netjies wees.

SKOOLKLERE MOET DUIDELIK MET LEERDER SE NAAM EN VAN GEMERK WEES.

5. Waardevolle artikels en persoonlike besittings

Die skool sal nie verantwoordelik gehou word vir die steel of beskadiging van persoonlike besittings op die skoolperseel nie (voorbeeld: selfoon, sakke, boeke, klere).

Die gebruik van selfone op die perseel is streng verbode. Leerders moet daarteen waak om groot bedrae geld of waardevolle artikels skool toe te bring. Indien ‘n ouer/voog versoek dat ’n leerder skoolfonds namens hulle betaal, moet dit betaal word voor skool.

Alle klere, persoonlike besittings en boeke moet duidelik gemerk wees. Aflewering van items aan leerders gedurende die skooldag via die kantoor
of enige ander manier is nie toelaatbaar nie. Geen kosblikke, geld, boeke, take sal aanvaar word by ontvangs vir die leerders nie. Slegs op die kind se verjaarsdag sal kolwyntjies of verjaarsdagpakkies aanvaar word.

6. Kommunikasie

Huiswerkboekies (Gr.4-7) of huiswerkboeke (Gr.1-3) – Maak notas of gebruik hulle om boodskappe aan die onderwysers te stuur.

‘n Epos kan ook aan die onderwyser gestuur word. Epos-adresse is op die webblad beskikbaar. Maak asb. ’n afspraak indien u met die Hoof of enige ander onderwyser wil vergader. Skeurstrokies moet asseblief teruggestuur word soos versoek.

Alle huiswerkboekies moet daagliks geteken word. Skoolreëls soos per die gedragskode moet streng nagekom word! D6 Connect vorm deel van formele kommunikasie aan ouers. Laai die toep af by https://connect.d6.co.za vir rekenaars, of by Samsung Play Store of Apple I-store.

7. Dissipline

In gevalle van skending van enige vorm van die Gedragskode vir leerders, sal die dissiplinêre prosedure gevolg word. Vir die skool om die dissiplinêre prosedure te gebruik, sal wangedrag in vier vlakke van erns of oortredings aangespreek word.

Leerders moet vir skoolleiers luister. Indien ‘n leerder se gedrag na 15-strafpuntstelsel punte detensie en/of enige ander sanksie benodig, sal die ouers deur ’n formele brief in kennis gestel word, en die brief sal geteken en teruggestuur moet word.

8. Opskorting van leerders

Behoorlike stappe sal gevolg word indien ‘n leerder geskors moet word. Oortredings wat daartoe sal lei, sluit in, maar is nie beperk tot die volgende nie: Ouers sal in kennis gestel word voor opskorting

aGedrag wat die veiligheid en regte van ander oortree
bBesit, dreigemente of gebruik van ‘n gevaarlike wapen
cBesit, gebruik, oordrag of enige sigbare bewyse van narkotiese of ongemagtigde welms, alkohol of sterk drank van enige aard
dBakleiery
eImmorele gedrag of vloek
fVals identifisering – kopie van ouer se handtekening
gSkadelike graffiti, haatspraak, seksisme, rassisme
hDiefstal of besit van gesteelde eiendom insluitend eksamen-vraestelle voordat die ksamen of toets geskryf word.
iOortreding van eksamenreëls
jOntwrigtende, minagtende, aanstrootlike gedrag en verbale mishandeling gerig op onderwysers of ander personeel of leerders
kHerhaaldelike oortredings van die skoolreëls en/of die gedragskode
lOnregmatige aksie, vandalisme of vernietiging of ontsiering van skooleiendom
mKriminele gedrag soos seksuele teistering, of in die besit van pornografiese materiaal.
nViktimisasie, boelie, teistering en intimidasie van ander leerders
oWesenlike en opsetlike vals inligting verskaf of dokumentasie vervals om onregverdige voordeel te wen by die skool.

DIE VOLLEDIGE WEERGAWE VAN DIE GEDRAGSKODE VIR OUERS EN LEERDERS IS BESKIKBAAR OP DIE SKOOL WEBTUISTE OF ‘N KOPIE KAN AANGEVRA WORD BY DIE SKOOLKANTOOR.

9. SKOOL KOMMUNIKASIE

Alle kommunikasie word uitgestuur aan ouers via D6 Connect of klas WhatsApp groepe.

Die weeklikse nuusbrief word elke Vrydag op die D6 Connect toep gelaai asook die klas WhatsApp groepe. Dit is uiters noodsaaklik dat u hierdie toep aflaai van die web of Appstore (Samsung/Apple) vir daaglike kommunikasie/nuus tussen die skool en ouers.

Geen selfone of ‘smart watches’ word by die skool toegelaat nie. Indien ‘n leerder met ‘n selfoon of ‘smart watch’ by die skool gevind word, sal dit gekonfiskeer word en eers aan die einde van die kwartaal aan die leerder teruggegee word

10. AFSPRAKE

Die hoof en onderwysers is beskikbaar vir afsprake indien nodig. Die kantoor kan geskakel word om afsprake met die Hoof te reël. Epos asseblief die betrokke onderwyser indien u ‘n afspraak met hom/haar wil reël.

Hiermee die kanale om te volg indien u ‘n probleem, klagte of navraag het:

  1. Kontak betrokke onderwyser deur ‘n brief of epos te stuur.
  2. Indien die betrokke onderwyser u nie kan help nie, kan u die graadhoof kontak.
  3. Daarna kan u die departementshoof kontak.
  4. Die laaste stap sal ‘n afspraak met die skoolhoof wees

11. AFWESIGHEID/SIEKTE GEDURENDE SKOOLTYD

Indien ‘n leerder afwesig was, moet sy/haar ouers ‘n nota/doktersbrief die eerste dag van terugkeer saamstuur.

Leerders moet deur ‘n onderwyser/es kantoor-toe gestuur word indien die leerder siek is en dan sal die skoolsekretaresse die ouers in kennis stel. Leerders mag nie self hulle ouers bel om hulle vir ‘n siekte te kom haal nie. Die skool mag geen medisyne toedien aan siek leerders nie. Probeer dus om u kind so gou moontlik te kom optel indien u geskakel word.

12. SKOOLEIENDOM

  • Slegs behoorlik versterkte tasse, wat die boeke beskerm, word toegelaat.
  • Leesboeke, skoolboeke en ander eiendom moet opgepas word en in ‘n goeie toestand terugbesorg word.
  • Geen gekrap op banke, boeke en mure word toegelaat nie.
  • Niemand mag met elektriese- en brandbestrydingsapparate peuter nie.
  • Ander leerlinge se eiendom is privaat en moet alleen gelaat word.
  • Beskadigde eiendom moet herstel word op die ouer/voog se onkoste

13. SKOOLVERLATING

Indien ‘n leerder die skool gaan verlaat, moet 30-dae skriftelike kennis gestuur word aan admin@bpms.co.za en finance@bpms.co.za. Die epos moet die leerder se naam, van, graad, datum van verlating en die nuwe skool se naam bevat.

Alle leesboeke en skoolboeke moet ingehandig word, voordat die leerder die skool verlaat. Uitstaande skoolgelde moet vereffen word en slegs daarna sal ‘n oorplasingskaart uitgereik word

14. VERJAARSDAE

Leerders mag op hul verjaardag gewone klere aantrek skool-toe. Indien die leerder se verjaardag op ‘n naweek val, mag hul die Maandag daarna gewone klere aantrek.

Indien die leerder se verjaardag gedurende die vakansie val, mag die leerder die eerste dag van die nuwe kwartaal gewone klere aantrek.

15. OPLAAI EN AFLAAIPUNTE

Aflaaipunte: Leerders mag op twee punte soggens afgelaai word.

By die Kantoorhek: Ouers parkeer in die parkeerarea en stap saam met hul kinders na die hek. Die groot swart hek: Ouers parkeer in die parkeerarea en stap saam met hul kinders na die swart hek.

Oplaaipunte: Leerders mag slegs by die swart hek opgelaai word in die middae. Die swart hek word 13h00 oopgesluit en weer 13h15 toegesluit. Graad 1 & 2 leerders wat nie deel is van die naskool nie en wat nie teen 13h15 opgelaai is nie, sal in ‘n wagklas geplaas word tot 13h40. Die hek word weer om 13h40 oopgesluit en leerders wat nie deel is van die naskool nie en wat nie teen 14h00 opgelaai is nie, sal dan na ’n wagklas gestuur word. Ouers word verplig om hul kinders direk na skool op te tel of by die naskool in te skryf

16. OUERAANDE

Oueraande word deur die loop van die jaar aangebied. Ons verwag van ouers om oueraande by te woon om sodoende op hoogte te bly van u kind se vordering.

Ouers moet die kommunikasie-bladsy voor in elke leerder se assesseringsboeke gereeld nagaan en teken om op leerders se vordering bedag te wees.

Getuigskrifte

Wat ons leerders oor ons sê

0

Gevestig

0 +

Onderwysers

0 %

Slaagsyfer

0 +

Nasionale Toekennings