Bryanston Parallel Medium

Ons waarnemende skoolhoof

Bryanston Parallel Medium is ‘n hoogs funksionerende en effektiewe skool wat poog om elke leerder toe te laat om op akademiese, kulturele, geestelike en emosionele vlakke sowel as op die sportveld te ontwikkel, te groei en uit te blink.

Ons deel ‘n visie van uitnemendheid en skep ‘n veilige omgewing sodat elke leerder sy/haar volle potensiaal by Bryanston Parallel Medium kan bereik.

Ons is ‘n waardegedrewe skool wat leerders toerus om ‘n positiewe verskil in die samelewing te maak. By BPMS het onderwysers ‘n sterk groeidenkwyse, is hardwerkend en innoverend, en sal leerders opvoed volgens ‘n gebalanseerde, toekomsgerigte benadering.
By BPMS glo ons dat elke ouer die beste vir sy/haar kind wil hê.

Ons nooi ouersuit om aktief deel te neem aan hul kind se opvoeding – u betrokkenheid is van kardinale belang.

Opvoeding is die sleutel om die deure van geleenthede oop te sluiten die fondament waarop drome gebou word.

Ons sien daarna uit om jou by ons BPMS-familie
te verwelkom!

Waarnemende skoolhoof