Skip to main content

Bryanston Parallel Medium

Toelatings

Die verskaffing van kwaliteit onderrig binne 'n liefdevolle omgewing

Graad 1 aansoeke vir 2027

Alle graad 1 2027 aansoeke word aanlyn gedoen op www.gdeadmissions.gov.za

GEEN aansoeke word by die skool gedoen nie.

Doen asseblief aanlyn aansoek en laai alle GESERTIFISEERDE dokument op die aanlynsisteem. U hoef nie dokument by die skool in te handig, indien u dit op die aanlyn sisteem laai nie.

Aansoek tydperk: 5 Augustus 2026 @ 8:00 – 4 September 2026 @ 00:00

Plasings tydperk: Plasingsaanbiedinge sal uitgereik word volgens die GDO se toelatingsbestuursplan totdat alle leerders geplaas is

Kontak asseblief 0800 000 789 of 060 891 0361(WhatsApp) of gdeinfo@gauteng.gov.za vir meer inligting.

Die graad 1 2026 waglys open op 1 Februarie 2026 om 8:00

Voltooi die aansoekvorm en handig dit in by die skool tesame met alle gesertifiseerde ondersteunende dokumente soos op die voorblad genoem.

Moenie aansoekvorms epos nie.

Voltooi die register wanneer u, u aansoekvorm by die skool aflaai.

Graad 2-7

Aansoeke vir 2027

AANSOEKE

Die 2027-aansoekvorm sal beskikbaar wees op ons skoolwebwerf www.bpms.co.za sodra aansoeke vir 2027 oopmaak op 5 Augustus 2026 om 8:00.

Sodra dit beskikbaar is, kan u dit aflaai van die webwerf, voltooi en inhandig by die skool , tesame met alle GESERTIFISEERDE ondersteunende dokumente soos volg:

Let asseblief daarop dat die ENIGSTE dokument/e wat as bewys van huisadres aanvaarbaar is, die volgende is:

Eienaars:

‘n Nutsrekening in die naam van een/albei ouer/s (nie ouer as 3 maande nie)

Huurders: (AL 6 hierdiedokumente moet ingehandig word)

  1. Getekende huurooreenkoms in een/albei van die ouer/s se naam.  Die huurooreenkoms moet deur die verhuurder en huuerder onderteken word en die huurkontrak mag nie verval het nie
  2. Nutsrekening in die naam van die eienaar van die eiendom (nie ouer as 3 maande nie)
  3. Afskrif van eienaar se ID
  4. Enige ander staat bv. Fibre, Tekom, Vodacom etc, in die naam van die ouer/voog (nie ouer as 3 maande nie)
  5. Huurstaat in die naam van die ouer/wettige voog (nie ouer as 3 maande nie)
  6. 3 Maande se bewys van betaling van huur (nie ouer as 3 maande nie)

***’n Beëdigde verklaring/brief is NIE ‘n geldige bewys van huisadres nie en sal NIE as bewys van huisadres aanvaar word volgens GDO regulasies nie***

  • Bewys van werksadres: Briefhoof van die maatskappy met u naam, van, ID-nommer en adres van die onderneming
  • Mees onlangse rapportvan leerder (slegs graad 2-7)
Sodra u aansoek/e ontvang is sal plasing vir 2027 met u bespreek word.