Bryanston Parallel Medium

Ons skoolhoof

Liewe ouer

Soms kies ons ’n pad. En soms kies die pad óns.

Met ’n dankbare hart het ek in Julie 2025 die rol as permanente skoolhoof van BPMS aanvaar, ná byna twee jaar as waarnemende hoof. My reis hier het in 2006 begin as ’n jong onderwyseres, en hierdie skool en gemeenskap lê my diep na aan die hart.

Ek glo ware leierskap begin in die harte van kinders. Daarom bly my fokus om, saam met ons span, ’n skool te bou waar elke leerder akademies, sportief en kultureel kan uitblink, én as mens kan groei.

My belofte is om met toewyding, deernis en integriteit te dien – altyd met ons kinders se beste belange op die hart.

“Leierskap is nie ’n titel nie – dis ’n verantwoordelikheid. En ware leiers bou nie net strukture nie – hulle bou mense.”

Opvoeding is die sleutel om die deure van geleenthede oop te sluiten die fondament waarop drome gebou word.

Ons sien daarna uit om jou by ons BPMS-familie
te verwelkom!

Skoolhoof