In Bryanston Parallel Medium plaas ons akademie heel bo aan ons proriteit lys. Die onderwysers en bestuur glo vas daarin om leerders aan te moedig met verskeie groei geleenthede sodat elke leerder sy of haar volle potensiaal kan bereik.
Die skool het voldoende gekwalifiseerde en bekwame onderwysers wat deernis en ervaring inspireer tot die betekenisvolle groei van elke leerder. Die fokus is op leerders wat gelukkig moet wees en hard moet werk om sodoende sy of haar doelwitte te bereik.
By ons skool is klasse toegerus met ‘n interaktiewe witborde. Nie net is interaktiewe witborde ‘n nuwe leerervaring vir die leerders nie, maar ook ‘n positiewe leeromgewing vir ons onderwysers.