Rugby word gedurende die eerste en tweede kwartaal aangebied
Bryanston Parallel Medium is geaffilieer by die Goue Leeus Primere Skolevereniging en speel Sentrale Streek in Afdeling B (skole met minder as 700 leerders).
Rugby Drag:
BPMS blou rugby trui
1ste span - Wit rugby trui met bloue kortbroek Wit rugby kortbroek
Rugby truie word voorsien deur die skool op wedstryd dag
Skool Sweetpak
Verskaffers:
Constantia Uitrusters, Malibongwe Rylaan, Randburg
Tel:  011 791 1300

OEFENTYE:

  • Dinsdae;  Woensdae en Donderdae
  • o/7 - o/8 : 13:00 - 14:00
  • o/9 - o/13 : 14:00 - 15:00
TAU Rugby:
Ons seuns word op 'n vroeë ouderdom aan rugby blootgestel deur "bulletjie rugby." Ervare afrigters neem hierdie seuns onder hul vleuel en leer hulle basiese vaardighede en tegnieke.  'n Liefde vir die spel word aangemoedig en van 'n jong ouderdom verkry.  Twee groepe word elke jaar ingeskryf en verskeie wedstryde word gespeel.  Alle seuns word uitgenooi om by hierdie spesiale groep aan te sluit.
Toere:
Die rugby seuns gaan elke jaar op toer om hul vaardigheid en spangees te verbeter asook hul liefde vir die spel verder te ontwikkel.  Ouers moet hierdie toer in gedagte hou wanneer hulle vir die jaar begroot.  Toere gebeure aan die einde van kwartaal 1 in die Maart/April vakansie. Ons moedig elke seun aan om betrokke te raak by die spel.