Bryanston Parallel Medium is ‘n funksionele en hoogs effektiewe skool wat daarna streef om elke leerder die geleetheid te gun om op akademiese, kulturele, geestelike, emosionele en sportgebied te ontwikkel, te groei en te presteer.

Ons deel ‘n gedeelde visie van uitnemendheid en skep ‘n veilige omgewing sodat elke leerder sy / haar volle potensiaal by Bryanston Parallel Medium kan bereik.

Ons is ‘n waardegedrewe skool wat leerders toerus om in die samelewing ‘n positiewe verskil te kan maak. By BPMS het onderwysers ‘n sterk groei-ingesteldheid, is hardwerkend, innoverend en sal leerders opvoed volgens ‘n gebalanseerde, toekomstige georiënteerde ingesteldheid.

Ons, by Bryanston Parallel Medium, glo dat elke ouer die beste vir sy/haar kind wil hê. Ons nooi ouers uit om aktief aan hul kind/ers se opvoeding deel te neem – Jul betrokkenheid is van uiterste belang.

Onderwys is die sleutel tot die ontsluiting van die deure van geleenthede en die fondament waarop drome gebou word.

Mev Ilse du Preez

Waarnemende Skoolhoof