Die netbalseisoen begin amptelik in die tweede kwartaal, maar ons dogters begin reeds in Februarie oefen. Netbal vir Graad 4 - 7 Hierdie vier ouderdomsgroepe, naamlik  O/10, O/11, O/12, en O/13 word by die JOMO liga ingeskryf. Dit is die sterkste liga in Johannesburg. Elke ouderdomsgroep het ‘n A, B en C-span. Die O/12A en O/13A spanne kan kwalifiseer vir die Gauteng Netbal Kampioenskappe. Kamp: Die O/9 - O/13's woon jaarliks ‘n netbalkamp by. Hierdie kamp word aangebied deur voormalige Protea-spelers asook spelers van provinsiale spanne. Gauteng Netbal: Netbalproewe vind vroeg in die seisoen plaas en die O/12A- en O/13A-spelers word gekies om aan die distrikproewe deel te neem.  Daarna is daar JOMO proewe, Gauteng (1ste proewe) en Gauteng finale proewe.
Mini-Netbal vir Graad 1 - 3 Hierdie ouderdomsgroepe speel mini-netbal. Hulle speel volgens nasionale en internasionale reëls.  Dieselfde reëls geld as konvensionele netbal, maar om die spel te leer ken word dogters op verskeie posisies op die baan opgelei en gedurende die spel geskuif om die verskillende posisies te ervaar Alhoewel hierdie dogters nie in 'n formele liga speel nie, neem hulle aan wedstryde deel op sportdae asook georganiseerde toernooie. Die afrigting en aanleer van die spel-, bal- en bewegingstegnieke word behartig deur ‘n puik span afrigters wat die fisiese, emosionele en intelektuele ontwikkelingsfase van die kleintjies verstaan en daarop kan voortbou. Die O/7 en O/8 wedstryde vind plaas by Laerskool Unika Mini-Netbal Reëls:
  • Doelpale is 2,5m hoog
  • ‘n Nommer 4 bal word gebruik
  • Nadat die bal gegooi word, is daar 5 sek om die bal te gooi
  • Voete mag geskuifel word op die plek om balans te verkry sonder dat veld gewen word, voordat bal gegooi word maar veld mag nie gewen word nie.
  • Streng “een-tot een” verdedigende spel.
  • Verdediging van ‘n speelster met ‘n bal vind plaas met ‘n afstand van 1.2m.
  • Spanne bestaan uit 8 speelsters en MOET halftyd ruil.
  • Alle posisies MOET halftyd roteer.
  • Geen verdediging vind plaas terwyl daar ‘n doel geskiet word nie.
  • Geen telling word mag gehou word deur ouers of afrigters nie. Dit kan diskwalifikasie van die span asook Liga-spanne veroorsaak.
Rotasie van speelsters tydens spel
  • ‘n Span bestaan uit 8 speelsters waarvan sewe gedurende elke helfte moet speel.
  • Na elke helfte skuif elke posisie TWEE posisies vorentoe.
  • ROTERING van alle speelsters tydens die wedstryd is verpligtend.
  • Dieselfde speelster mag nie twee keer in dieselfde posisie speel tydens ‘n wedstryd nie.
  • Elke speelster moet minstens een helfte van elke wedstryd speel.
Rotasierooster
Wedstryd 1 Wedstryd 2 Wedstryd 3 Wedstryd 4
1ste Helfte 2de Helfte 1ste Helfte 2de Helfte 1ste Helfte 2de Helfte 1ste Helfte 2de Helfte
D AV VV V HD S HV X
HD S HV X AV VV V D
AV VV V D S HV X HD
S HV X HD VV V D AV
VV V D AV HV X HD S
HV X HD S V D AV VV
V D AV VV X HD S HV
X HD S HV D AV VV V
Wedstryd Kleredrag:
Blou skort en blou Bryanston Parallel netbal - sporthempie.
Kort wit sokkies wat kan omvou (nie tenniskouse nie)
Geen juweliersware mag gedra word nie. Dit sluit in oorbelle en horlosies.
Naels moet kort gehou word. Hare moet uit die gesig gehou word met ‘n haarband of knippies en lang hare moet vasgemaak wees.
Verskaffers:
Constantia Uitrusters, Malibonge Rylaan, Randburg
McCullough & Bothwell, Fourways Crossing
Toerusting en Benodighede:
Elke speler het haar eie bal nodig. O/7 - O/9 speel met ‘n nommer 4 en O/10 - O/13 speel met ‘n nommer 5.
Oefendate en Wedstryde:
Oening vind plaas op ‘n Dinsdag, Woensdag en 'n Donderdag. Die wedstryde word meestal op Dinsdae en Donderdae gespeel, maar sommige wedstryde word ook geskeduleer vir Woensdae.
O/7 – 0/8 13:00 - 14:00
O/9 - O/13 14:00 - 15:00
Netbal by Bryanston Parallel Medium het ‘n uitstekende suksesrekord. Ons spanne is gedugte teenstanders. Netbal is ‘n vinnige spel wat goeie hand-oog-koördinasie en vernuftige voet en dinkwerk verg. Dit moedig ook spelers aan om in 'n span saam te werk om ‘n einddoel te behaal, naamlik om die bal tot by die doelsirkel te bring en ‘n doel aan te teken om te wen.
Om ‘n goeie standaard te handhaaf, is dit vir ons belangrik dat die dogters gereeld oefening sal bywoon. Alle dogters is welkom om aan netbal deel te neem. Alhoewel ons wil hê dat die dogters dit moet geniet en hul vaardighede moet ontwikkel, werk ons ook om die liga te wen en word slegs die beste spelers vir die ligaspanne gekies.
Vir die afgelope 6 jaar het baie van ons spanne hulle liga gewen en het hulle gekwalifiseer om aan die Gauteng Netbal Kampioenskappe deel te neem.