- Ouers moet asseblief by nasorgtye hou. Alle leerders moet teen 17:30 afgehaal wees.
|
- Huiswerkklas is verpligtend vir alle naskoolleerders. Graad 1 – 7 huiswerkklas sal ‘n onderwyser in die klas hê tot en met 16:00 elke dag. Dit is die leerders se verantwoordelikheid om die klas by te woon. Daar word register gehou. Die onderwyser aan diens maak net seker dat die werk voltooi word. Die ouers moet seker maak dat alles reg is vir klas die volgende dag.
|
- Let daarop dat naskoolleerders uitgeteken MOET word in die middag. Geen naskoolleerder word toegelaat om vir hul ouers buite die swart hek te wag nie. Dit is bloot om veiligheidsredes.
|
- Geen kontant sal aanvaar word vir dag-fooie nie. Alle gelde moet asseblief betaal word op die dag. Alle betalings kan gemaak word deur die Karri toep. Gebruik asseblief die QR kode wanneer die leerder afgehaal word. Indien gelde in die skool se rekening inbetaal word, gebruik u kind se naam, van + adhoc as verwysing.
|
|